Ons trap mooi tussen onsekerheid en die fantastiese opbrengste.
Die groei die afgelope jaar in die portefeuljes waar ons geld belê is, doen beter as 20%.
Dit maak mens bang. Maar, hoe hoër die markte neig hoe kleiner voel die terugsakkings.
Eiendom doen goed maar daar is nog nie baie vertroue in daardie sektor nie.
Die verwagting vir die Aandele/Equity is ‘n groei van 34% vir die jaar. Dit trek alle groeikoerse hoër.
Ons wag maar vir die skommelinge wat verseker daar sal wees.
Ons Land: Durban Hawe het ‘n inspuiting van R11miljard ontvang van Fillipyne wat Kaai 2 opgradeer en bedryf. Dit is wat hulle wereldwyd doen met groot sukses.
‘n Belegger het 280 lokomotiewe en 920 trein trokke bestel wat binnekort afgelewer sal word. Dit pas op ons spoorlyne…
Ons geniet elektrisiteit van Eskom af en nog vele suksesse wat ons nie eers meer agter kom nie.
Myns insiens kyk ons met groot verwagting na 2026!